
BATH, Verenigde Koninkryk – Die Wêreldraad vir Gesondheid (WCH) erken die belangrike rol van reg, geregtigheid en menseregte in die behoud en beskerming van die gesondheid, vryheid en soewereiniteit van mense regoor die wêreld. In die lig van onlangse kommer oor bakteriese DNA en genetiese besmetting wat in mRNA-entstowwe gevind word, het die WCH reeds op 9 Oktober ‘n Dringende Deskundige Verhoor oor hierdie kritieke onderwerp gehou en nou reël die organisasie ‘n opvolgverhoor wat op 27 November aanlyn gehou sal word.
Die verhoor sal deur die prokureur Shabnam Palesa Mohamed (van Suid-Afrika) en dr Mark Trozzi (Kanada) gefasiliteer word. Een van die ander regspanneellede is Fahrie Hassan van Suid-Afrika.
Hierdie Dringende Deskundige Verhoor bring prokureurs, gesondheidsorgwerkers, wetenskaplikes, media en sosio-politieke leiers bymekaar vir ‘n oop en insiggewende bespreking oor die belangrike onderwerp. Dit sal ook ‘n geleentheid bied om bekommernisse rondom ingeligte toestemming aan te spreek en om te verseker dat die publiek bemagtig word.
“Alle lede van die burgerlike samelewing—insluitend diegene wat deur C19-inspuitings beseer is, prokureurs, mediese beroepslui, wetenskaplikes, media en sosio-politieke leiers—word uitgenooi om by hierdie Dringende Deskundige Verhoor aan te sluit. Deur deel te neem, sal ons bydra tot ‘n beter begrip van die wet, geregtigheid en menseregte-implikasies van bakteriese DNA en genetiese volgordes vervat in Covid-19-entstowwe,” sê die WCH in hulle mediaverklaring.
* Help om u volk se nuusblad te laat groei deur ‘n donasie of om te adverteer in LANDNUUS. U kan ook ons nuus help versprei deur dit op u sosiale media blaaie te deel.