
Die witmense van Suid-Afrika het geen leiers nie. Daar is geen kollektiewe verteenwoordiging nie en die Afrikanervolk is op hiedie stadium geweldig verdeeld. Verder maak die “selfaangestelde” leiers wat daar in ons volk is, seker ons volk bly verdeeld. So het mnr. Agenbach onlangs in ‘n video gesê wat op sosiale media versprei is.
“Hulle probeer ons getrou maak, aan die verknegting waarin ons ons self bevind,” sê mnr. Agenbach, verwysende na die sogenaamde selfaangestelde leiers. Volgens mnr. Agenbach probeer hulle ons koppel en verenig rondom idees, in plaas van bloed en grond, dit wat volgens hom ons in die eerste plek ‘n volk maak.
“Baie mense is van mening dat daar in ons volk te veel mense is wat leiers wil wees. Die harde waarheid is dat daar geen leiers in ons volk is nie en niemand wat leier in ons volk wil wees nie. Want sien, om ‘n leier te wil wees eis verantwoordelikheid en gevolge en ‘n visie. Niemand van hierdie selfaangestelde leiers het dit nie,” sê mnr. Agenbach.
“Dit is juis die doel en funksie van die Vryburger Beweging om rigting te gee aan ons rigtinglose volk. En om ons volk as ‘n geheel te verenig. Ons is nie een of ander sekte-beweging wat net ‘n klein groepie mense wil verenig nie. Nee, ons wil die mense wat geval het, wat slagoffers is van blanke haat verenig onder die vaandel van blanke identiteit en vryheid vir die witman.”

Sekere organisasies se leiers word tans baie geprys oor hulle “doen” soveel vir ons mense, sê mnr. Agenbach. Hulle kan egter nie vertrou word nie.
“Of dit nou ‘n landbouvereniging, boerevereniging is, of nou ‘n jeugbeweging, ‘n politieke party of burgerregte-organisasie is, hulle is almal lakeie van die staat. Want as ons dink daaraan, wanneer hulle met ons mense praat, dan help hulle nie vir ons om volksverwesenliking na te streef nie. Met ander woorde, om te besef ons as ‘n volk het lewensreg nie en verdien om te bestaan in ons eie vaderland nie. Nee, hulle help ons om vrede te maak met die toestand van verknegting en slawerny waarin ons tans ons bevind,” verklaar mnr. Agenbach.
Verder het mnr. Agenbach daarop gewys dat die feit dat ons nie ‘n land meer het nie en in Suid-Afrika vervolg en vertrap word wanneer ons wil opstaan vir blanke vryheid, moet genoeg sê van die mense in die volk wat beweer hulle is leiers in die volk, dat hulle nie die verantwoordelikheid van leierskap wil hê nie. Hulle wil net die voordele en aansien van leierskap hê. Daarom sal hulle nooit sê “vryheid vir die witman” nie en sal hulle nooit verwys na “bloed en grond” nie.
“Hulle werk saam met die ANC-regering. Nee, ek wil dit ‘n stappie verder vat. Die ANC-regering werk vir ‘n baie klein groepie in Suid-Afrika. Die grootste vyand en bedreiging vir ons volk is nie die ANC nie. Dit is daardie klein groepie, wat hulleself so goed verskans dat ons volk nie eens van hulle weet nie. Vir daardie groepie mense het ek ‘n boodskap vandag: julle sal ons nie langer as ‘n volk verder intimideer nie, julle sal ons nie stil maak nie. Ons God lewe, ons volk lewe en ons sal weer vry wees,” sê mnr. Agenbach.
Dit is nou tyd vir Afrikaners om moedig te word, om op te staan. Verder het mnr. Agenbach gesê: “Ons word beskuldig daarvan dat al wat ons doen is om net te praat, terwyl nou die belangrikste ding wat ons nou as ‘n volk kan doen, is om ons stem te verhef en te sê ons verdien om vry te wees as ‘n volk, dat ons ons eie vaderland verdien en dat ons moet aanspraak maak daarop.”
* Help om u volk se nuusblad te laat groei deur ‘n donasie of om te adverteer in LANDNUUS. U kan ook ons nuus help versprei deur dit op u sosiale media blaaie te deel.