
SUID-KOREA ─ ‘n Industriële robot het ‘n robotika-tegnikus verlede week op die mees wreedaardigste manier doodgemaak. Die robot se sensor het die man opgemerk en foutiewelik besluit hy is net nog ‘n pakkie wat opgestapel moet word.
Die slagoffer (40) het na bewering probeer om ‘n probleem met die robot se sensor te diagnoseer toe die ongeluk gebeur het. Die voorval het by die Donggoseong Export Landboukompleks in die suidelike provinsie Goseong plaasgevind. Die paprika-sorteerrobot is na bewering deur die slagoffer se werkgewer geskep en geïnstalleer.
Die robot het die tegnikus met sy sensor opgemerk, hom vir ‘n boks groente aangesien en hom toe met sy arms en tang gegryp. Nadat hy die tegnikus gegryp het, het die robot hom na bewering teen ‘n vervoerband geslaan. Volgens die Yonhap News Agency is die slagoffer se gesig en bors heeltemal vergruis. Hy is na ‘n hospitaal geneem, maar sy beserings was van so ‘n ernstige aard dat hy gesterf het.
As gevolg van Suid-Korea se kwynende menslike arbeidsmag, het die gebruik van robotte noodsaaklik in die land se samelewing geword. ‘n Voorbeeld is robotkelners en robotsjefs, wat vier jaar gelede bekend gestel is, wat nou in restaurante regoor die land uitgeplaas is. Robotsjefs kan na bewering byvoorbeeld 50 hoenders per uur braai of ‘n ete vir ‘n hele gesin in minder as 10 minute gaarmaak.
Onlangs het ‘n Kunsmatige intelligensie-bot bedrog met ‘n transaksie gepleeg en toe dit daaroor gekonfronteer is, het dit daaroor gejok. Volgens kenners is dit egter nie iets wat gereeld sal gebeur dat ‘n bot so optree nie en is hierdie voorval die uitsondering op die reël.
Elon Musk het in die begin van die maand aan die Britse premier Rishi Sunak gesê dat kunsmatige intelligensie uiteindelik die behoefte aan menslike arbeid heeltemal sal uitskakel. Terwyl die Suid-Afrikaanse miljardêr in die verlede herhaaldelik oor die gevare van kunsmatige intelligensie gewaarsku het, het hy ook voorgestel dat die mensdom se hoop om hierdie gevare te oorkom daarin lê dat die mens en masjien moet “saamsmelt.”
Musk se maatskappy is gereed om menslike proewe met sy inplanting te begin. Die komende FDA-goedgekeurde proewe sal die funksionaliteit van Neuralink se BCI assesseer om parapleë , wat die inplanting ontvang het, in staat te stel om ‘n rekenaarwyser of sleutelbord met hul gedagtes alleen te beheer.
* Help om u volk se nuusblad te laat groei deur ‘n donasie of om te adverteer in LANDNUUS. U kan ook ons nuus help versprei deur dit op u sosiale media blaaie te deel.