
PRETORIA ─ Die ANC-regime se pres. Cyril Ramaphosa sal vandag by die Uniegebou die gasheer vir Suid-Afrika se nasionale span, wat in Junie 2023 by die Spesiale Olimpiese Wêreldspele in Duitsland uitgeblink het, wees. Die Spesiale Olimpiese Spele is ‘n wêreldwye beweging van mense waarvolgens elke atleet, ongeag vermoë of gestremdheid, waardeer word.
Die span het altesaam 49 medaljes van Berlyn af huis toe gebring – 22 goud, 20 silwer en 7 brons.
“Die interaksie met die Suid-Afrikaanse span by die Uniegebou is deel van Ramaphosa se voortdurende verbintenis om uitnemendheid onder Suid-Afrika se sportvroue en -mans aan te moedig en te vier, en die President se erkenning van die rol van sport in die vereniging van die nasie en die vorming van sosiale kohesie,” beweer Ramaphosa se woordvoerder, mnr. Vincent Magwenya.
‘n Bekende in sogenaamde regse geledere, wat verkies om anoniem te bly, het aan Landnuus gesê dat “sport is die grootste afgod van die Afrikanervolk. Dit word al sedert die ou bedeling misbruik om blankes te kry om die knie te buig voor die Joodse Geldmag se nuwe wêreldorde. Ons volk sal eerder hulle vryheid prysgee as om hulle afgod sport prys te gee.”