Landnuus is ‘n onafhanklike, aanlyn-koerant vir denkende Afrikaners wat belangstel in objektiewe nuus. “Stem van die waarheid” is ons slagspreuk wat ons uitleef. As nuusblad wil ons vir ons lesers nuus bring waarin hulle werklik belangstel en wat van waarde vir hulle sal wees.
Nuusberigte word daagliks Maandae tot Vrydae op ons koerant se amptelike webwerf gepubliseer. Slegs naweke word daar nie nuusberigte gepubliseer nie, maar die naweek se nuus word egter Maandae gepubliseer. Besoek élke weeksdag hierdie webwerf vir die nuuste en belangrikste nuus!
VISIE, DOELWIT & WAARDES
Ons visie is om die gunsteling bron van betroubare nuus vir vandag se Afrikaners, oud en jonk, te wees.
Ons doelwit is om as koerant elke dag objektiewe en betroubare nuus te publiseer en om veral te fokus op sake wat vir Afrikaners en ander blankes van belang is.
Ons waardes:
- Ons glo in die beskerming en bevordering van Afrikaans as ‘n inheemse taal van Suid-Afrika en die handhawing van die Boere-Afrikanervolk se kultuur;
- Ons glo dat as nuusblad moet ons eerlik en objektief oor godsdiensaangeleenthede verslag doen;
- Ons glo in onbeperkte vryheid van spraak (met die uitsondering van direkte aanhitsing tot geweld) en dat die reg in belang van almal verdedig moet word;
- Ons glo dat die geskiedenis van Suider-Afrika histories korrek hanteer moet word;
- Ons glo in objektiewe en eerlike joernalistiek.
OBJEKTIEWE VERSLAGGEWING
Uit die aard van die saak gaan ons as nuusblad oor die groot instansies en die Suid-Afrikaanse regering verslag doen, maar ons gaan ook verslag oor Afrikaner-volksorganisasies doen wat deur die hoofstroom-media geïgnoreer word. Al fokus Landnuus op nuusberigte wat spesifiek vir Afrikaners van belang is (ons teikenmark), is dit vir ons belangrik dat die publiek verstaan dat ons koerant se nuusberigte heeltemal objektief geskryf word. Persoonlike menings word uit nuusberigte gehou, net die feite word gegee. Om wérklik objektief te wees, kan daar nié slegs van “amptelike” bronne gebruik gemaak word of net op “hoofstroom” instansies se sienings gefokus word nie. Die publiek moet alle kante van ‘n saak hoor, sodat hulle sélf ‘n ingeligte besluit kan neem oor wie en wat hulle wil glo.
Let asseblief daarop dat daar ‘n verskil is tussen nuusberigte en artikels: in artikels kan ‘n duidelike standpunt ingeneem word deur die koerant of skrywer, anders as met nuusberigte. Radaksionele artikels is die amptelike standpunt van ‘n koerant oor ‘n saak. By gewone artikels is dit nie noodwendig die standpunt van die koerant of sy redaksie nie, maar die artikelskrywer se persoonlike standpunte. Ongelukkig verstaan die meeste mense nie dat daar ‘n verskil tussen nuusberigte (wat objektief geskryf is) en artikels is nie. In die lig daarvan word daar in Landnuus van 2023 af glad nie meer artikels gepubliseer nie en word slégs nuusberigte geplaas. Lesers is welkom om kommentaar oor ons nuusberigte op ons sosiale media blaaie te lewer.
Deel asseblief ons skakels op u eie sosiale media blaaie om ons te help om meer mense met betroubare nuus te bereik. Sodoende maak u ‘n groot verskil in ‘n tydperk waar mense nie meer weet wat om te glo nie.
Organisasies en besighede is welkom hulle mediaverklarings vir Landnuus te stuur. Uit die aard van die saak kan ons nie alles gebruik nie, maar mediaverklarings wat nuuswaardig of interessant is kan dalk in ons koerant in nuusberigte gebruik word.
HOOFREDAKTEUR: Jan-Tinus Smuts
Landnuus as internet koerant was oorspronklik op 8 Junie 2022 gestig en word uitgegee deur: Landnuus Media (Edms) Bpk, George, Wes-Kaap.
Kopiereg © 2023, Landnuus Media (Edms) Bpk. Alle regte voorbehou.
Geen gedeelte van hierdie webwerf mag in enige vorm of formaat geherproduseer word sonder die uitdruklike skriftelike toestemming van die Redakteur nie, behalwe waar ‘n joernalis van ‘n ander publikasie ‘n artikel of berig oor Landnuus of die koerant se inhoud wil skryf, waar slegs klein gedeeltes aangehaal mag word en erkenning aan die bron verleen moet word. Hierdie koerant bevat materiaal wat onder internasionale en Suid-Afrikaanse wetgewing beskerm word.