Tans het ons geen vakante poste nie (behalwe as u dalk ‘n persoon met byvoorbeeld ‘n
joernalistieke kwalifikasie is wat graag gratis vir volk en vaderland wil werk).
Landnuus benodig die dienste van joernaliste met ‘n liefde vir die Boere-Afrikanervolk. Ons wil
‘n versoek aan mense rig wat opgelei is in verslaggewing of joernalistieke kwalifikasies het, om
hulle dienste gratis aan te bied, om ons soedoende te help om Landnuus uit te bou tot ‘n mag
om mee rekening te hou.
Dit is egter vir ons belangrik om ‘n hoë standaard van joernalistiek te handhaaf, dus moet
vrywilligers vorige ervaring by ‘n koerant of tydskrif hê, of alternatiewelik oor ‘n diploma of graad
in joernalistiek of kommunikasiekunde beskik.
Persone met skryftalent wat grade in rigtings soos geskiedenis, sosiologie, politieke wetenskap,
internasionale politiek of staatsleer het, se aansoeke sal egter ook oorweeg word. Kontak ons
gerus deur van die kontakvorm gebruik te maak.
Wanneer die koerant finansieël sterk genoeg is om salarisse te kan betaal, sal joernaliste wat
nou gratis betrokke raak eerste vir permanente poste oorweeg word.