Lanternkorps en kadette gaan “kamp vir wenners” hou

Kommandokorps, Lanternkorps, kamp
Jongmense leer baie op die Kommandokorps en Lanternkorps se kampe.

RANDFONTEIN  ─  Die Lanternkorps asook die Kommandokorps se kadette gaan op die naweek van 29 September tot 1 Oktober hulle lentekamp hou.  Die tema vir hierdie kamp is ‘n “kamp vir wenners.”

“Kom leer meer oor jou erfenis.  Ken jou monumente en hul geskiedenis. Ons gaan klei-osse maak, in ‘n weermagtent slaap, spanbou en boeresport doen, lantern bekruip en nog vele meer,” sê sammajoor Karen Alexander.  Verder gaan kinders dissipline en volkstrots op die kamp leer.

“Kom vind self uit! Julle gaan dit vreeslik geniet,” sê Karen.  “Kom wees ‘n wenner!” 

By die Kommandokorps se kadetkamp gaan die jong manne leer hoe om weerbaar en paraat te wees.  Hulle gaan leer van navigasie en hoe om met kaarte te werk.  In ‘n tipies weermagkultuur gaan streng dissipline vir kadette geleer word.  Daar gaan spanbou en saamwerk wees.  Die kadette gaan ook leer van oorlewing, makkerhulp en nog vele meer.  Kom deel gerus in hierdie opwindende kamp.

Kadette besig met opstote.

Die koste van die lentekamp vir kindertjies en kadette beloop R350 elk en vir gewone lede R150 elk.  Kinders en kadette wat die kamp bywoon sal R50 afslag kry indien hulle ‘n maat saambring.

Vir tienerseuns en jong manne wat die kadetkamp wil bywoon, kontak gerus vir luitenant Putter by selnommer 076-279-1604.

Indien u kindertjies die Lanternkorps se lentekamp wil bywoon, kontak Karin by 076-513-9948 of epos karenalexander424@gmail.com