
VATIKAAN STAD, Italië ─ Pous Francis het Saterdag ‘n konserwatiewe biskop van Texas uit sy amp verwyder. Die biskop, Joseph E. Strickland, het gereeld openlik op sosiale media die pous gekritiseer.
Om Strickland te vervang, het die pous biskop Joe Vasquez van Austin, Texas, aangestel as die Apostoliese Administrateur van die Bisdom Tyler. Kardinaal Daniel Nicholas DiNardo, Metropolitaanse Aartsbiskop van Galveston-Houston, het ‘n verklaring uitgereik wat lui: “Na maande van noukeurige oorweging deur die Biskoppe en die Heilige Vader, is die besluit geneem dat die bedanking van Biskop Strickland versoek moet word.”
Die Vatikaan het Strickland gevra om op 9 November te bedank. Strickland het egter geweier. Twee dae later het pous Franciskus Strickland uit sy amp verwyder.
Volgens die National Catholic Reporter het Strickland gesê die Rooms Katolieke Kerk is “swak” en “nie duidelik” onder Francis se leierskap nie. Strickland het glo selfs Francis uitgedaag om hom “af te dank”.
* Help om u volk se nuusblad te laat groei deur ‘n donasie of om te adverteer in LANDNUUS. U kan ook ons nuus help versprei deur dit op u sosiale media blaaie te deel.