Op hierdie bladsy word elke maand ‘n nuwe gedig deur een van ons volksgenote gepubliseer. Die doel van hierdie bladsy is om die liefde vir Afrikaanse poësie by Afrikaners te laat herontwaak.
Belangrik: die menings in die gedigte verteenwoordig nie noodwendig die mening van die redaksie van Landnuus nie, maar is die digters se eie persoonlike menings.
Digters wat hulle gedigte vir ons wil stuur vir publikasie, is welkom om dit te stuur deur middel van ons kontakblad.
Ons tweede gedig is deur Gerhard Badenhorst geskryf:

BRAND SUID-AFRIKA
Vasgevang in vlammende haat
gyselaars in ‘n terroristiese staat
oorgegee aan pionne van vuur.
Nader kom die laaste uur
verskroeide aarde die nuwe sillabus
gaan ons wag tot dit weer te laat is
die stilte in ons, ken geen vrees.
Onderskat nie die Afrikaner gees
lank genoeg in die vlamme gestaar
soos ons erfenis in die rook vergaan
nes die lewens in die kerkstraat bom
ek sien ‘n terroris as president vermom.
Dis mos makliker om die wang te draai
terwyl die pionne lag en verwoesting saai.
Hoekom moet die jeug die nagevolge dra
terwyl almal kyk hoe brand Suid-Afrika?
Ons gebede word in die rook versmoor
waar is jy God, kan Jy ons nog hoor?
Monumente was in jou naam opgerig
tyd om Jou visier op ons vyand te rig.
Hoe lank moet ons die minste wees?
Engele kom verwyder ons vrees
ontwaak in ons die vegters gees.
Oorwinning sal ons s’n wees
tot die bittereinde ons kom haal
staan gereed volk van staal.
Gerhard Badenhorst Digkuns ©