
Wanneer jy die kleurlinge se aanspraak op die Wes-Kaap ondersteun, is jy aktief besig om ons volk se vryheidsdrang te ondermyn. So sê mnr. Johannes Agenbach, leier van die Vryburger Beweging, in ‘n onlangse video wat hy aan Landnuus gestuur het.
“Ek het onlangs gesien hoe daar ‘n kleurling op Tik-Tok gaan en hy sê, my broer, die Wes-Kaap word ingeval deur die swartes. En toe raak elke tweede blanke mens in Suid-Afrika opgewinde, onder andere die leier van die Bittereinders Devon Hofmeyr, het gesê ‘ons staan saam met julle.”
In die video sê die kleurling dat blankes saam met hulle “hulle” land die Wes-Kaap moet verdedig. Dit is ‘n gruwelike en afskuwelike idee, net soos die ondersteuning van die staat Israel ‘n gruwelike en afskuwelike idee is, sê mnr. Agenbach.
“Nêrens word daar ooit gepraat van óns volk se reg om ‘n volk te wees nie. Nee, daar word altyd gepraat van ander volke se reg om ‘n volk te wees. So, wanneer die klomp Jode nou die Palestyne skiet dan voel ons mense baie opgewonde, want die Jode staan dan kwansuis vir hulle self op; wanneer die kleurlinge sê ons veg vir onse land, dan kan die witmense nie wag, hulle val oor hulle voete, om te sê ag hoe wonderlik ons is ook nou vir die span gekies.
“Hier is die harde realiteit: jy is nie vir die span gekies nie, jy word gebruik om die belange van ander mense te bevorder en sodoende jou eie belange te onderdruk. Om jouself te ontneem van die reg om ‘n volk te wees.”

Mnr. Agenbach het ook gevra wanneer laas het Afrikaners een van hulle leiers hoor sê dat ons moet op ons vaderland aanspraak maak. Verder het hy gevra: “Wanneer laas het jy een van jou leiers hoor sê ons het die reg om dodelike geweld te gebruik ter beskerming van dit wat aan ons behoort?”
Wanneer jy die staat van Israel of die kleurlinge se aanspraak op die Wes-Kaap ondersteun, is jy aktief besig om ons volk se vryheidsdrang te ondermyn en die Afrikanervolk se identiteit as ‘n blanke volk in die grond in te trap, verklaar mnr. Agenbach.
“Daar is een hoop vir ‘n toekoms in hierdie wêreld vir ons en een hoop alleen. Dit is nie ‘n gedeelde toekoms met ander volke nie, maar dit is ‘n blanke toekoms waarvoor ons moet baklei. Ons kan nie ‘n toekoms met ‘n ander volk wil deel as ons wil oorleef nie.”
Mnr. Agenbach het ook ‘n uitdaging aan diegene wat steeds dink kleurlinge is hulle bondgenote of selfs volksgenote gerig: “Ek daag jou om in jou kar te spring en Mitchel’s Plein toe te gaan en uit die kar uit te klim en dan kyk jy hoe hanteer hierdie sogenaamde ‘volksgenote’ van jou vir jou.”
Verder het mnr. Agenbach genoem dat volkskap is nie ‘n keuse nie, maar ‘n persoon is deel van die volk waarin hy gebore is. Die enigste keuse wat die persoon het is of hy vir sy volk gaan veg of sy volk gaan verraai.
* Help om u volk se nuusblad te laat groei deur ‘n donasie of om te adverteer in LANDNUUS. U kan ook ons nuus help versprei deur dit op u sosiale media blaaie te deel. Sodoende word u deel van die stryd!