Beskuldigde na 34 jaar op die vlug tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis

Swartman gearresteer

KWAZULU-NATAL – Wesley Matiri Madonsela (53) is uiteindelik na ‘n moord wat hy in 1989 gepleeg het skuldig bevind.  Gister het die Durbanse streekhof Madonsela tot 10 jaar direkte gevangenisstraf skuldig bevind en gevonnis vir die moord op Siphelele Nxumalo.

“Op 2 Februarie 1989 was Nxumalo padlangs geloop toe hy deur Madonsela en sy makkers genader is. Hulle het skote op hom afgevuur en van die toneel gevlug. Volgens die verslag van die Waarheids- en Versoeningskommissie was Nxumalo ‘n United Democratic Front (UDF)-aktivis toe hy deur lede van Chesterville A-Span tydens die stryd tussen UDF- en Inkatha-ondersteuners doodgeskiet is,” het die Valke se brig. Thandi Mbambo in ‘n mediaverklaring gesê.

’n Saak van moord is by die Cato Manor-polisiestasie aangemeld en Madonsela is later in hegtenis geneem.  Hy het in die hof verskyn en is borgtog toegestaan.

Hy het egter toe gevlug en na bewering landuit gevlug. ’n Lasbrief vir inhegtenisneming is uitgereik en die saakdossier is ingedien. Madonsela was sedertdien op vlug en hy het nooit voor die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) verskyn nie.

In Julie 2023 is hy opgespoor en gearresteer deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoek gebaseer in Durban, aan wie dit opgedra is om WVK-sake in die provinsie te hanteer.  Hy is toe uiteindelik skuldig bevind en gevonnis.

Die nasionale hoof van die DPCI, luitenant-generaal (dr/adv) Godfrey Lebeya het die werk van die ondersoek- en vervolgingspan geloof, wat onvermoeid gewerk het aan hierdie ingewikkelde en lank uitstaande saak.


* Help om u volk se nuusblad te laat groei deur ‘n donasie of om te adverteer in LANDNUUS.  U kan ook ons nuus help versprei deur dit op u sosiale media blaaie te deel.