
PRETORIA ─ Verlede Saterdag het die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) se Hoofbestuur hul Jaarvergadering gehou. Tydens die geleentheid het die voorsitter van die ANB, mnr. Carel van der Grijp, ‘n besielende toespraak oor die Afrikanervolk se huidige stryd en die pad vorentoe gelewer. Hy het ook genoem hoe belangrik ons witmanskap vir ons voortbestaan as volk is.
Volgens mnr. Van der Grijp bly die boodskap die heeltyd dieselfde en word herhaal en herhaal: Die Afrikanervolk is in nood en die nood van ons volk is groot. Hy verwys na werkloosheid en dat ons mense fisies ook uitgemoor word.
“Bestaan ons volk vandag nog? As mens kyk na die vereistes om as ‘n volk geklasifiseer te word, dan berus dit op vier pilare. Eerstens geloof in dieselfde God, tweedens hulle behoort aan dieselfde ras, derdens hulle praat dieselfde taal en vierdens hulle het dieselfde kultuur en geskiedenis,” sê mnr. Van der Grijp.
Die ANB-voorsitter het ook na die probleem verwys dat Afrikaners nie meer deesdae van ons as volk praat nie maar eerder van die Afrikaanse taalgemeenskap. Dan word die vraag gevra: voldoen ons nog aan die vereistes van ‘n volk?
Volgens mnr. Van der Grijp kan ons weer terugkeer na ons God, ons taal weer suiwer praat en ons kultuur weer handhaaf. Ons kan ons weer inskerp oor wie ons is en waar ons vandaan kom, maar ‘n vereiste is dat ‘n volk se lede aan dieselfde ras behoort.
“As ek en jy nie meer aan dieselfde ras behoort nie, dan is daar geen omkeer meer nie. Nie vir jou of jou nageslag nie. Dan is jy nie meer deel van hierdie volk nie,” sê mnr. Van der Grijp. Die Afrikanervolk is tans besig met selfmoord en die volk is daarom in ernstige nood.
Volgens mnr. Van der Grijp moet die Afrikanervolk se vryheidstryd voortgesit word deur as volk Christelike-Afrikanernasionalisme uit te leef. Verder moet ons die Afrikanervolk se kultuur en geskiedenis lewend hou in 2024 deur dit op die pad vorentoe te handhaaf. Hy het ook gevra dat Afrikaners moet betrokke raak in die stryd en dat Afrikaners moet volhard om volk te wees. Ons moet dit leef en sing dat Suid-Afrika ons vaderland is en weer blank Suid-Afrika moet wees.
“Vriende, dié land is óns land. Lewe die Boer,” het mnr. Van der Grijp ten slotte gesê.
Die vergadering is met die sing van die eerste en vierde strofes van Die Stem van Suid-Afrika afgesluit. Daarna het almal saam ‘n heerlike ete geniet wat deur die ANB se dames voorberei was.

* Help om u volk se nuusblad te laat groei deur ‘n donasie of om te adverteer in LANDNUUS. U kan ook ons nuus help versprei deur dit op u sosiale media blaaie te deel.