
Die Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (BELA) aanvaar en dit is reeds na die Nasionale Vergadering gestuur. Beide die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) en die Vryburger Beweging het die wet skerp veroordeel.
Volgens mnr. Johannes Agenbach van die Vryburger Beweging is dit omdat die Afrikanervolk se vyande besef dat kinders die volk se toekoms is, dat hulle juis ons kinders aanval. Sodoende probeer hulle die Afrikanervolk se toekoms vernietig.
“Dit is in diens van hierdie bose plan om ons toekoms te vernietig dat hulle ons volk probeer dwing om hulle kinders in die regering se sataniese skoolstelsel in te sit. Dit is in diens van hierdie bose agenda wat hulle die wetgewing rondom onderwys in Suid-Afrika wysig.
“Die voorgestelde wysigings aan onderwyswette in Suid-Afrika poog om die alreeds verrykende indoktrinasie van blanke kinders nog verder te neem. In die huidige bestel ontvang kinders indoktrinasie in die idees van veelrassigheid, seksuele verlopenheid en ‘n hele klomp ander anti-blanke idees. Die wetgewing beplan om dan verder te gaan en ouers te dwing om hulle kinders aan hierdie stelsel te onderwerp. Verder poog die wetgewing om ‘omvattende seksuele opvoeding’ af te dwing op kinders van alle ouderdomme wat in effek beteken dat kinders so jonk soos ses jaar oud geindoktrineer sal word in sodomie, pedofilie en ander aspekte van die LGBTQ-agenda.”
Die Vryburger Beweging sê hulle verwerp hierdie “bose stelsel.” Die Beweging glo in tuisonderrig waar kinders die regte waardes by hulle eie ouers leer.
“Ons glo in groot, gesonde blanke families waaruit kinders grootword wat ons waardes en ideale uitbeeld. Ons besef dat elkeen van ons ‘n skakel in ‘n ketting is wat duisende jare terug strek en dat ons die toekoms en die verlede saam bind deur kinders te hê en aan hulle ‘n toekoms te skenk binne ons waardes en ideale. Ons glo dat ons net ons potensiaal as volk en ras kan verwesenlik, as ons kinders toegelaat word om hulle volle potensiaal te bereik en hulle plek te neem in ons volksgemeenskap en ons besef dat dit net kan gebeur deur volkseie onderrig.”

Die Vryburber Beweging het ook ‘n oproep aan volksgenote gedoen om hulle sover moontlik buite hierdie stelsel van indoktrinasie hulle kinders veilig te hou. Volkseie onderrigstelsels moet geskep moet word, waar kinders nie gebreinspoel word om hulleself te haat nie. Kinders moet weg van anti-blanke invloede gehou word.
“Geen wet deur die mens saamgestel of verklaar as wet het die mag om onklaar te maak dit wat God deur sy skeppingsorde vasgestel het nie. Daarom verwerp ons enige poging om God se natuur wette te verwring met die minagting wat dit verdien en verder weier ons volstrek om ons daaraan te onderwerp,” sê mnr. Agenbach.
Volgens die ANB is die Konsep Onderwyswetgewing die speerpunt teen die Afrikaner se Christelike karakter. Mnr. Carel van der Grijp, voorsitter van die ANB, het aan Landnuus gesê dat die ANB is buite die bestel en verwerp die onderwysstelel in die nuwe Suid-Afrika.
“Die onderwysstelsel is tans maar die kweekskole van die kommunis. Uiteindelik is dit ook dan die doel van hierdie nuwe wetgewing om die volgende geslag met hulle doelwitte te bereik. Ons weet dit sal die wegbeweeg van die Bybel en Christelike waardes wees en meer na die wêreldse dogma van gelykvormigheid en godsdiensgelykheid,” sê mnr. Van der Grijp. Hy het ook daarop gewys dat die ANB se standpunt is dat onderwys Christelik-nasionaal gerig moet wees en dat geen ander godsdiens geduld mag word nie.
“Ons standpunt is dat jou kind aan God behoort en dat die ouer ‘n verantwoordelikheid het om daardie kind volgens die weë van God groot te maak.”
Die ANB huldig ook die standpunt dat die staat misbruik maak van die feit dat hulle in totale beheer staan van alles wat in die skole geleer word. Net soos wat die Engelse, kort na die Tweede Vryheidsoorlog, die onderwysstelsel misbruik het om Afrikanerkinders van hulle volk te vervreem, om hulle meer pro-Engels te maak, so word die skole vandag gebruik om die nuwe Suid-Afrika, as ‘n multi-ras en -kultuur samelewing, se voortbestaan te bevorder. Die skole van vandag is daarop ingestel is om die Afrikanerkind te omvorm na wêreldburger en humanis.
Volgens die ANB is dit ‘n tipiese kommunistiese werkswyse waarvolgens daar die skyn van openbare insette is, maar feitlik alles wat nie strook met hulle ideologie nie word eenvoudig geignoreer. Dit is volgens die ANB kenmerkend ook in die ontwikkeling van die konsep wetgewing op basiese onderwys.